Audio Bybel

Luister gerus na die Audio Bybel en vertel al jou vriende om ook te kom luister.

Jy sê, Dis Onmoontlik. God sê, Alles is moontlik!
(Luk 18:27)

Jy sê, Ek is moeg. God sê, Ek sal jou rus gee!
(Mat 11:28-30)

Jy sê, Niemand het my regtig lief nie. God sê, Ek het jou lief!
(Joh 3:16)

Jy sê, Ek kan dit nie verstaan nie. God sê, Ek sal vir jou die pad wys!
(Spr 3:5-6)

Jy sê, Ek kan dit nie doen nie. God sê, Jy kan alles doen!
(Fil 4:13)

Jy sê, Hoekom nou juis dit? God sê, Alles is ten goede!
(Rom 8:28)

Jy sê, Ek kan myself nie vergewe nie! God sê, Ek vergewe jou!
(1 Joh 1:9)

Jy sê, Ek kan nie regkom nie! God sê, Ek sal in jou behoeftes voorsien!
(Fil 4:19)

Jy sê, Ek is bang. God sê, Ek het jou nie 'n gees van vrees gegee nie!
(2 Tim 1:7)

Jy sê, Ek ly aan stres. God sê, Laat dit aan my oor!
(1 Pet 5:7)

Jy sê, Ek het nie geloof nie! God sê, Ek gee vir almal!
(Rom 12:3)

Jy sê, Ek is te dom! God sê, Ek gee wysheid!
(1 Kor 1:30)

Jy sê, Ek voel alleen! God sê, Ek sal jou nooit alleen los nie!
(Heb 13:5)

Mag God oor jou lewe glimlag, jou dag vul met Sy seen en liefde! Wandel in Sy skadu, neem Sy beloftes op en geniet nog n dag spesiaal vir jou geskep! " Sy liefde is soos n baken wat die donker see verlig en elke keer as ons verdwaal bring die baken ons weer terug"
(Ps 107:30)